Uit "Jopie Fourie" van JAN CELLIERS [boodskap #49075] |
Wed, 29 August 2001 23:08 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Uit "Jopie Fourie"
Jan Celliers
Daar trek 'n koeël, met spoed, met spoed;
hy's nat van Afrikaner-bloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikaner-roer,
hy kom deur Afrikaner-hart.
Maar met die roue en die smart
bring hy die hart se kragte oor.
Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
want, trekkend, trekkend jaar en stond,
sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
en waar hy tref, heel nooit sy wond;
en wat hy tref, dit heilig hy!
|
|
|